Welkom
KRYNAUW FAMILIE
Ons storie
Die geskiedenis en herinneringe van die Krynauw familie
Welkom by die Krynauw-familie. Ons verskaf familie-inligting vir doeleindes van die naby familie en nakomelinge van Pieter Hendrik Johannes Krynauw, gebore 26 Junie 1861. Die direkte linie van sy afstamming word beskryf, maar ter wille van samehang en interessantheid word daar ook bykomende besonderhede verskaf.

Geskiedenis
Agtergrond in verband met die Krynauw familienaam en die herkoms van die stamouers word behandel. Die stamvader is Daniel Kreinow (geb. 1670) wat in 1707 van Grabow in Duitsland na die Kaap gekom het. Hy is met Jeanne Jourdan getroud.

Familieregister
Die Familieregister is nie volledig ten opsigte van alle Krynauws nie. Die samestellers het ongelukkig beperkte inligting van sommige Krynauw families in Suid-Afrika, maar vertrou dat hierdie webblad as hulpmiddel sal dien om die rekords aan te vul.

Foto's
Familiefoto's, dokumente en bewyse

Stories en Profiele
Lees stories en staaltjies en ander inligting van familielede

Nuus
Kommunikasie in verband met die webblad en kommentaar van familielede en ander korrespondensie
Taal
Die meeste van die Krynauw-familie is Afrikaanssprekend en in Suid-Afrika. Familiebande is regoor die wêreld en kommunikasie van of oor sulke familielede sal verwelkom word. Kies "Engels" of "Afrikaans" bo-aan die blad.
Opdatering
Help ons om die nalatenskap te bou deur die familieregister op te dateer. Stuur asb ook stories, foto's, dokumente of kommentaar. Kontak ons indien u n verslag uit die register verlang of enige ander navrae in verband met die webblad het.
Erkenning
Die navorsing wat ons publiseer, is in die verlede met groot moeite, sonder internet en elektroniese stelsels versamel. Krynauw webblad is op 20 Junie 2011 bekendgestel. Kyk by Erkenning vir besonderhede. Ons familieverhaal word steeds geskryf -deur elkeen van ons. Dankie dat julle deel daarvan is.